Tannie Ouvrou en Betta val weg met voorbereidings vir Engela se groot boekbekendstelling. Oom Fred se ongeduld bring hom in die moeilikheid by die twee formidabele vroue.
Engela en Stefan troef mekaar se kennis oor jellievisse op die strand. Dylan soek dringend hulp by sy agent, Engela, vir sy onderhoud met Estelle, die nuwe sakevrou op die dorp.
Die nuwe loseerder, Estelle, kry waardevolle inligting by Oom Fred oor die dorp en sy mense. Estelle word nie geïntimideer deur Jack se boelietaktiek nie.
Engela is oorstelp van blydskap oor ʼn besonderse pakkie wat aankom … en bieg oor ʼn hartsaak teenoor Tannie Ouvrou. Jack verras Engela met sjampanje en vier ʼn besonderse geleentheid saam met haar.
Willie en Stefan moet planne beraam ná die skokontdekking by die wrak van die Santa Maria. Dylan is terug in Bloubaai, en die poppe dans toe hy uitvind dat die koffiekiosk, Dylans, in die mark is.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.