
Oor storms, droogte en in die dal van doodskadu – Gerrit Higgo en Adrinet de Bod
Loading player...
Sy kinders noem Higgo die minister van bittereinders, want hy gee nooit op nie. Hy en Adrinet gesels met Johan Beukes oor die afgelope paar maande se trauma nadat hy van ’n leer afgeval het en gee ook raad aan boere hoe om moeilike tye te bowe te kom.In die episode sal jy meer oor:Die passie wat die Higgo’s vir hul familieboerdery het;Hoe hulle voortbeur al gaan dit ook hoe rof;Higgo se ernstige ongeluk vroeër vanjaar en die lesse wat hy geleer het;Die belangrikheid van jou gesin en om met jou gesinslede eerlik te wees; enHoe om goeie tye te gebruik om voor te berei vir moeilike tye.