Die regering het 'n 1,5 miljard Namibiese dollar lening van Duitsland se KfW Ontwikkelingsbank gekry om die land se waterinfrastruktuur op te gradeer. Finansminister Ericah Shafudah het dit in die Nasionale Vergadering aangekondig, en Vetaruhe Kandorozu van Nudo het die stap gekritiseer.
President Cyril Ramaphosa sê Afrika moet sy eie groenwaterstofagenda bestuur om te verseker die vasteland trek voordeel uit globale energieoorskakeling. Hy het tydens die eerste Afrika Groenwaterstofberaad in Kaapstad Afrikalande aangespoor om die leiding te neem met die bepaling van standaarde, die bou van sertifiseringstelsels en die vestiging van waterstofkorridors…
Martha Festus bedryf al sewe jaar lank 'n sopkombuis in Havana in Windhoek. Met die winter op hande vra die gemeenskap haar ook vir komberse. Festus versoek hulp van die publiek en sy kan op 081 7435 442 geskakel word vir skenkings. Kosmos 94.1 Nuus het met Festus gepraat wat…
Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die Nasionale Vergadering duidelikheid by omgewingminister Indileni Daniel gevra oor verskeie kwessies. Dit kom na sy vroeër 'n opdatering gegee van die werk wat aan die Etosha Nasionale Park se 824 kilometer-lange grensdraad gedoen word. Venaani wou weet wie die grensdraad herstel en opgradeer…
Die Namibiese Statistieke-agentskap het sy handelsbulletin vir April 2025 vrygestel. China was Namibië se belangrikste uitvoerbestemming, terwyl Suid-Afrika die hoofinvoerbron gebly het. Uitvoere is gedryf deur uraan, goud, diamante en basismetaalerts, met vis as die enigste belangrikste nie-minerale uitvoer. Heruitvoere het met 9,3 persent maand-tot-maand gedaal. Koffie, die kommoditeit van…
Professor William Gumede van Wits Universiteit het onlangs 'n onderhoud gevoer met State of the Nation, 'n Suid Afrikaanse potgooi wat handel oor die land se politiek. Gumede het oor sy 2009-navorsing, om uit te vind of Swart Ekonomiese Bemagtiging enigsins goed aangewend was in die land, gesels. Sy navorsing…
Meer inligting is bekend oor die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, se kwartaallikse statistiekbulletin vir die tydperk Januarie tot Maart 2025. Die bulletin bied 'n omvattende oorsig van sleutelaanwysers binne die telekommunikasie-, kuberveiligheid-, uitsaai- en possektore. Kosmos 94.1 Nuus het by Mufaro Nesongano, die segsman by Cran aangeklop vir ‘n oorsig…
Die Konrad-Adenauer-Stiftung het 'n openbare bespreking aangebied oor hoe digitale hulpmiddels burgerlike opvoeding, toegang tot geregtigheid en menseregte in die land kan verbeter. Die regsgeleerde dr. John Nakuta het die rol van KI en digitalisering in die bevordering van burgerlike onderwys en menseregte bespreek. Nakuta sê Namibië is ver agter…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê die eerste groep soldate, wat na die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, sal môre na die land terugkeer. Hulle was deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending in die DRK. Hul terugkeer volg op die repatriasie van die oorskot van 14 soldate vroeër…
Die landbouministerie se uitvoerende direkteur Ndiyakupi Nghituwamata, is in Nice, Frankryk by die VN se Oseaneberaad. Sy het, onder andere, 'n oorsig gegee van Namibië se vordering in sy raamwerk vir oorgrens watersamewerking en het melding gemaak van die Okavango- en Orange-Senqu-rivierkomme.
Byna 40 Palestyne is volgens berigte gister deur Israelse magte doodgeskiet naby kosverspreidingsentrums in Gaza. Vyf-en-twintig is dood en tientalle gewond toe hulle ʼn sentrum van die Amerikaans-Israelies-gesteunde Gaza Humanitêre Stigting naby Netzarim in sentraal-Gaza genader het. Veertien ander is na bewering dood terwyl hulle na nog ʼn verspreidingsentrum in…
Die PDM-parlementslid Inna Hengari het verlede jaar 'n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê wat pleit vir 'n verskuiwing in die musieklandskap op Namibiese radiostasies, wat tans baie buitelandse musiek bevat. Sy het gevra dat plaaslike inhoud geprioritiseer moet word, asook die bevordering van Namibiese kunstenaars om die…
Die kwessie van ‘n kernkragsentrale weier om die nuustoneel te verlaat. Nou het die Russiese uraan-reus, Rosatom, bevestig dat hy wel na Namibië kyk as kernkragvennoot. Sputnik Afrika het ‘n onderhoud met Rosatom Sentraal- en Suidelike Afrika se uitvoerende hoof Ryan Collyer gevoer. Collyer sê daar is baie redes hoekom…
Reaksie word ontvang op berigte dat die Oshana-polisie meer as 776 000 liter ngungula, of Angolese brandstof tussen 2024 en tot datum vanjaar, gekonfiskeer het. Die waarde hiervan beloop 17 miljoen Namibiese dollar. Owerhede glo sindikate is betrokke en meen die brandstof wat gevind is, is ‘n druppel in die…
Uitspraak oor die dringendheid van ‘n aansoek deur Shamvura Camp naby Rundu word vanoggend in die hoërhof verwag. Shamvura wil keer dat ‘n lodge in die Mahango-kerngebied binne die Bwabwata Nasionale Park in die Kavango-Oos-streek gevestig word. Shamvura word deur agt ander aansoekers ondersteun. Hulle meen die omgewing sal beskadig…
Die DA sê misdaadvoorkoming in Gauteng word belemmer weens die tekort aan werktuigkundiges by polisie-werkswinkels. Die premier Panyaza Lesufi het vroeër bevestig daar is 110 vakante poste vir werktuigkundiges wat lang vertragings met die herstel van polisievoertuie veroorsaak. Crezane Bosch van die DA waarsku stukkende voertuie wag reeds tot 'n…
Tydens 'n strategiese beleggingsontbyt aangebied deur Old Mutual is gesprek gevoer oor hoe die globale politieke verskuiwings markte raak en dus ook plaaslike beleggings beïnvloed. Wikus Fourie, die hoof van Old Mutual Welvaart het meer oor wat onder die loep gekom het.
Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, sê die koste van infrastruktuurskade tydens die onlangse vloede moet nog bepaal word. Honderde inwoners, veral in in Butterworth en Ngoma, is dakloos gelaat en word in tydelike skuilings gehuisves. Kragonderbrekings duur in verskeie distrikte voort. Mabuyane sê gekoordineerde tegniese reddingspanne is besig…
12 Jun 4AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.