Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
20 – 40

LWV verkies nuwe bestuur, voorsitter

Die Landbou-werkgewersvereniging het so pas hul jaarlikse kongres aangebied, met ’n rekordbywoning van 65 verteenwoordigers. 'n Praatjie oor geestesgesondheid op plase was baie gewild en gasspreker, Pastoor Wimpie Vernooy, het die gesprek gelei. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren gepraat, die vereniging se uitvoerende hoof, wat meer inligting…
13 Jun 10AM 1 min

Jeugraad-geaffilieerdes wil minister sien

Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in 'n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met 'n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is…
13 Jun 9AM 1 min

SA se myne-produksie 7,7% laer in April

Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie was in April op 'n jaargrondslag 7,7-persent laer. Die grootste daling van meer as 24-persent was in die platinum-groep metale, gevolg deur dalings in goud en steenkool-uitsette. Ystererts is die enigste belangrike mineraal wat groei getoon het, met 'n styging van 5,3-persent. Juan-Pierre Terblanche van Stats…
13 Jun 8AM 1 min

Bulle se Jake White besing Leinster voor VRK-eindstryd

Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Jake White, is vol lof vir Leinster voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd in Dublin. Hy sê die Ierse span is strate voor enige ander span. Nie een van die twee kon nog die kompetisie wen nie, en die Bulle is die derde keer in 'n…
13 Jun 8AM 1 min

Jeugraad-geaffilieerdes wil minister sien

Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in 'n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met 'n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is…
13 Jun 8AM 1 min

Nog 3 dwelmmuile op OR Tambo-lughawe aangekeer

Die polisie in Gauteng het die afgelope week drie verdagtes op die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek vir dwelmsmokkelary. 'n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê 'n Nigeriese burger is met sy aankoms uit São Paolo in Brasilië op pad na Nigerië in hegtenis geneem. Sy sê hulle het ook 'n…
13 Jun 8AM 1 min

SA se vrouemoordsyfers is onder hoogste ter wêreld

Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het kommer uitgespreek oor die toename in vrouemoord. Chikunga het verwys na 'n 2022-opname oor geslagsgeweld, en sê meer as 7,3-miljoen vroue is fisiek mishandel en byna 2,1-miljoen is seksueel aangerand. Die land se vrouemoordgevalle bly onder die…
13 Jun 6AM 1 min

Koalisie vir klimaatregtigheid eis dat Gaza-oorlog staak

Die Klimaatgeregtigheidkoalisie sê hy ondersteun die oproep dat Israelse aanvalle op Gaza gestaak word, dat die sogenaamde volksmoord gestaak word en die stryd vir ʼn vry Palestina voortgaan. Duisende aktiviste en gesondheidwerkers uit verskeie lande het gister in Egipte bymekaar gekom vir die opmars na Gaza. Die koalisie se woordvoerder,…
13 Jun 6AM 1 min

Groenwaterstof: Wie loop voor en wat is die vooruitsigte?

Alhoewel dit te vroeg is om definitief te sê dat Namibië die "wedloop" in groenwaterstof gewen het, is die land 'n duidelike leier in die streek en word beduidende vordering gemaak. Maar, Suid-Afrika vorder ook. President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat vier nuwe vlagskip-groenwaterstofprojekte voorberei word vir voorlegging aan die…
13 Jun 6AM 1 min

Midde-Ooste: Kenner sê oor plaaslike impak, en in SA

Israel se aanval op Iran, en Iran wat meer as 100 hommeltuie teruggevuur het, oorheers die internasionale nuus. Maar, daar kan plaaslik en in Suid-Afrika ‘n impak wees. Plaaslik besit die Iraniese regering 15 persent van Rössingmyn en in Suid-Afrika is daar noue diplomatieke bande, ook met die buurland se…
13 Jun 6AM 1 min

Arbeidskenner sê oor net 'n derde van leerders wat op hoërskool is

Reaksie word ontvang op nuus dat ongeveer 27 persent van alle leerders in die land, rondom 900 000, is in hoërskool teenoor die oorblywende 72 persent wat laerskool bywoon. Volgens die jongste berigte is daar twee keer soveel graad een-leerders as graad 11-leerders. Dit sal ‘n beduidende impak op die…
13 Jun 6AM 1 min

Honger? Hoe lyk dit met 'n gebraaide insek?

Die Departement van Dierkunde en Entomologie van die Universiteit van Pretoria se navorsing oor eetbare insekte ondersoek hoe om hierdie voedsel van die toekoms te teel en te oes. Dit fokus op die ontwikkeling van koste-doeltreffende teeltegnieke, oes- en hanteringsmetodes, waardetoevoeging en wetgewing om die volhoubare gebruik van insekte te…
13 Jun 5AM 1 min

Ithete gesels oor plaaslike opwekking om kragtariewe bekostigbaar te hou

NamPower se goedgekeurde verhoogde tariewe het die parlement gehaal. Sommige gebruikers beskou die 3,8 persent verhoging wat die Elektrisiteitsbeheerraad goedgekeur het as te veel, siende dat lewenskoste veel vinniger styg as salarisse. Die PDM-parlementslid Diederick Vries het energieminister Natangue Ithete gevra wat die langtermyn plan is om tariewe laag te…
13 Jun 5AM 1 min

Backyard Tenants wil Farm 37 fondse vir diens van erwe gebruik

Die stedelike ontwikkelingsministerie het 75 miljoen Namibiese dollar aan die Walvisbaai-munisipaliteit toegeken vir die ontwikkeling van Farm 37. Die burgemeester Trevino Forbes sê kritieke infrastruktuur sal ontwikkel word vir uitbreidings 1 tot 5 en 1 500 erwe sal ontwikkel word, ook met behuising. Die munisipaliteit teiken 60 persent voltooiing teen…
13 Jun 4AM 1 min

SA beplan biosekuriteitsraad vir BKS

Die Kabinet sê hy het vinnig opgetree teen 'n nuwe uitbreking van bek-en-klouseer, met inperkingsmaatreëls wat reeds in plek is. Die Departement van Landbou het meer as 900 000 dosisse entstof bestel, met die eerste besending wat binnekort verwag word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê plase wat…
13 Jun 4AM 1 min

SA se moordsyfer hoër as Gaza

Action Society sê daar is verlede jaar meer as 26 000 moorde in Suid-Afrika gepleeg, wat meer is as die dodetal in nie Gaza-konflik. Die organisasie het die ‘Dekade van Verval’-veldtog bekendgestel om die stygende misdaad en die regering se mislukking om burgers te beskerm, te beklemtoon. Juanita du Preez…
13 Jun 3AM 1 min

Navo: Net 3 lande het destyds se 2% behaal

Navo-lede skarrel om 5 persent van BBP-besteding op verdediging te behaal, in aanloop tot sy groot vergadering later vandeesmaand. Die Russiese-dreigement het eenvoudig te groot geword en bestediging op verdediging het die afgelope dekades aan die agterspeen gesuig. Keith Kellogg, die Amerikaanse president se spesiale gesant vir Oekraïne het by…
13 Jun 3AM 1 min

Minister sê oor HPV-inentings

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het meer inligting gegee oor planne by die ministerie. Die regering poog om toegang tot gesondheidsorg te bevorder deur 'n personeelomset te hê wat voldoende is om alle pasiënte te versorg.
13 Jun 2AM 1 min

Oos-Kaap moet as rampgebied verklaar word - DA

Die DA sê die Oos-Kaapse premier moet 'n provinsiale ramptoestand verklaar nadat minstens 70 mense weens verwoestende oorstromings dood is. Honderde gesinne is haweloos, en daar is omvattende skade aan huise, skole en hospitale. Verder is 500 000 inwoners sonder elektrisiteit. Die DA-lid, Vicky Knoetze, kritiseer die regering se stadige…
13 Jun 2AM 1 min
20 – 40