Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
40 – 60

Gesondheidminister sê oor onwettige invoer van medisyne

Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die Affirmative Respositioning-leier, Job Amupanda, die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, gevra oor die beweerde onwettige invoer van medisyne deur die Walvisbaai-hawe. Hy het die gesondheidsraad daarvan beskuldig dat hulle lewens in gevaar stel. Lynminister Esperance Luvindao sê dat 'n vergadering met…
18 Jun 10AM 1 min

EU, Unicef se N$24 miljoen steun droogtereaksie

Die Europese Unie en Unicef het 24 miljoen Namibiese dollar geskenk om Namibië se droogtereaksie te ondersteun. Die bystand aangekondig sal 86 000 mense in erg geraakte streke help, wat toegang tot gesondheid, voeding, water, sanitasie en gesondheidsorg, en kinderbeskermingsdienste verbeter. Die ondersteuning is daarop gemik om gemeenskapsveerkragtigheid en rampvoorbereiding…
18 Jun 9AM 1 min

SA inflasie in Mei steeds op 2,8%

Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het laasmaand onveranderd op 2,8-persent gebly ten spyte van stygende voedselpryse. Die grootste faktor was 'n 1,1-persent verhoging vir die maand in voedselpryse en nie-alkoholiese drankies. Die prys van beesvleis styg steeds as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking, met biefstuk wat 4,5-persent in Mei gestyg het. Ricado…
18 Jun 9AM 1 min

Kanada stel nog sanksies teen Rusland in

Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal bykomende sanksies teen Rusland instel wat 77 individue en 39 instellings insluit. Hy sal ook sanksies instel teen die handel van ʼn bykomende 201 vaartuie en verdere beperkings plaas op vaartuie wat deel is van Rusland se skadu-vloot. Carney sê…
18 Jun 9AM 1 min

Statebond Besigheidsforum hernu hoop vir werkskepping

Die Statebond Besigheidsforum vind tans in die hoofstad plaas. Dit is die eerste keer wat Namibië gasheer is. Die geleentheid duur tot 20 Junie. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi, het in haar toespraak die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande werkloosheid in Namibië sal bekamp.
18 Jun 8AM 1 min

Kabinet besluit nog oor sluit van Israelse ambassader

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die finale besluit om die Israelse ambassade in Suid-Afrika te sluit, word nog deur die kabinet verwerk. Die Parlement het die ambassade in 2023 afgegradeer weens Israel se voortdurende besetting van Palestynse gebiede. In reaksie op mondelinge vrae in die…
18 Jun 8AM 1 min

Bolt benoem as Guinness-ikoon

Die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt, is amptelik benoem as ʼn Guinness-wêreldrekord-ikoon. Die voormalige Jamaikaanse naelloper is vereer vir sy prestasie in atletiek en omdat hy mense wêreldwyd inspireer. Sy 9,58-sekondes oor 100 meter is die vinnigste ter wêreld terwyl sy tyd van 9,63-sekondes op 2012 se Spele in…
18 Jun 6AM 1 min

Konskwente kommunikasie tussen regeringsentiteite kritiek

Tydens die Konferensie vir Regeringskommunikasiebeamptes in Rundu het die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, die behoefte aan gekoördineerde en konsekwente kommunikasie tussen alle regeringsentiteite beklemtoon. Hy het die lynministerie se rol in die leiding van inligtingsbestuur uitgelig en 'n beroep gedoen op sterker kommunikasiestrategieë, veral tydens krisisse. Doeltreffende,…
18 Jun 6AM 1 min

Iran ontwikkel nie kernwapens nie, nes VSA-intelligensie gesê het

Iran se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Seyed Ali Mousavi, hou vol sy land het geen voorneme om ʼn kernwapen te bou nie. Amerikaanse intelligensie-assesserings het gevind Iran is nie aktief besig om ʼn kernwapen te bou nie. Dit is in sterk teenstelling met Israel se mening dat Iran binnekort…
18 Jun 6AM 1 min

Namibië bevestig eerste geval van hondsdolheid in rob

Namibië het sy eerste geval van hondsdolheid in 'n Kaapse pelsrob bevestig, luidens 'n verklaring van die landbouministerie. Die besmette rob is op 13 Junie by die Walvisbaai strandmeer gesien met simptome wat ooreenstem met hondsdolheid. Dit is kort daarna dood, en 'n monster wat van die karkas geneem is…
18 Jun 6AM 1 min

Repokoers onveranderd, oor SARB

Die repokoers is vanoggend onveranderd gelaat op 6,75 persent. Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab het die redes daarvoor se verwoord.
18 Jun 6AM 1 min

Vroue-regte bedroef, ten spyte van NNN en haar adjunk

Sister Namibia se redaktrise, Brigit Rudd het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Forbes Africa wat berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met 'n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se…
18 Jun 6AM 1 min

FNB skenk ruim in die Noorde

FNB Namibië het kos, toiletware en skoonmaakmiddels ter waarde van 50 000 Namibiese dollar per streek aan kwesbare gemeenskappe in Oshana, Ohangwena en Omusati geskenk. In Oshana sal ten minste 60 huishoudings en voorskoolse leerders in Oshakati, Ongwediva en Ondangwa baat vind. Die inisiatief vorm deel van FNB Namibië se…
18 Jun 5AM 1 min

Oud-ombud sê oor tronke, aanhouding vir jeugdiges

Die 11 jeugdige voorverhoor-verdagtes wat uit die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontsnap het, waar hulle aangehou is vir ernstige misdade soos verkragting, veediefstal en huisbraak, het weer die kollig geskyn op die gebrek aan fasiliteite vir jeugoortreders. Die vyf Namibiërs en ses Angolese van tussen 14 en 17 jaar oud…
18 Jun 4AM 1 min

Israel teiken uraan- en militêre fasiliteite in Iran

Die Israelse weermag sê hy het oornag 'n nuwe vlaag aanvalle op Iran se uraanproduksie- en missielvervaardigingsaanlegte uitgevoer. Van die geriewe wat geteiken is, is 'n monteeraanleg vir die vervaardiging van grond-tot-lugmissiele, 'n sentrifugeerdervervaardigingsaanleg en 'n opleidingsinstelling wat met die Revolusionêre Wagte verbind word. Sentrifugeerders word gebruik om uraan te…
18 Jun 4AM 1 min

Cran beklemtoon belangrikheid van toegang tot inligting

Toegang tot inligting is ‘n basiese mensereg wat deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare deelname bevorder. Dit bemagtig Jan Alleman en ondersteun ontwikkeling en versterk demokrasie. Cran, die plaaslike kommunikasie-owerheid sê dit is noodsaaklik vir inklusiewe besluitneming en is ver van net 'n modewoord. Jennifer Pogisho, die lynbestuurder by Cran, het meer.
18 Jun 3AM 1 min

Outa eis moratorium op boetes met rybewyskaart agterstand

Die organisasie teen belastingmisbruik, doen 'n beroep op minister van Vervoer, Barbara Creecy om boetes vir mense wie se bestuuderslisensies vertraag word as gevolg van die nasionale agterstand, op te hef. Die agterstand van 700 000 kaarte is veroorsaak nadat die enigste lisensiedrukker-masjien in die land gebreek het. Stefanie Fick…
18 Jun 3AM 1 min

Ramaphosa sê G7 was betekenisvol

President Cyril Ramaphosa sê die G7-beraad in Kanada was betekenisvol, veral vir Suid-Afrika wat president van die G20 is. Onder Suid-Afrika se G20-presidentskap is pogings aangewend om die G7 se doelwitte en agenda in ooreenstemming met dié van die G20 te kry. Ramaphosa sê hulle soek groter samewerking in areas…
18 Jun 2AM 1 min
40 – 60