LUISTER: ‘Passie en fokus nodig vir sukses’ – Johann Krige

Loading player...
Johann Krige, mede-eienaar van Kanonkop, een van die voorste Suid-Afrikaanse wynplase, glo hulle verkoop nie wyn nie, maar ’n leefstyl.

In sy gesprek met Johan Beukes sê hy ’n mens moenie die wiel probeer herontwerp nie, maar doen dít waarmee jy goed is.

In die episode sal jy meer hoor oor:
• passie en toewyding;
• om vrede te maak met wat jy het;
• die sewe vet jare en die sewe maer jare;
• hoe om met mense te werk; en
• hoe hy afskakel en herlaai.
18 Apr Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

‘Daar is altyd ’n plan te maak’ – Johan Coetzee

Johan Coetzee, skrywer van Opgee se gat, glo hoe groter jou aanpasbaarheid en veerkragtigheid – jou vermoë om op te staan nadat die lewe jou ’n klap of twee gegee het – hoe groter is jou kans om te floreer. In dié episode vertel Coetzee hoekom hy die boek geskryf…
23 May 24 min

LUISTER: Graansiektes is ’n realiteit, maar hier is raad wat help

Wat is die doomsday-graansiekte wat Suid-Afrika nog nie bereik het nie, maar waaroor kenners wakker lê en wat is die groot lesse wat die uitbreek van sulke siektes ons leer? Dit is van die kwessies wat in die tweede episode van Wat die boer moet weet bespreek word.
10 May 15 min