(Hemelvaartsdag) Donderdagaand Erediens - Ds Nardus Bornman

Loading player...
HANDELINGE 2
Die uitstorting van die Heilige Gees.
1EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.
2En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
3Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
4En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
5En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.
6En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;
7en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galiléërs nie?
8En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?
29 May 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Pastoor Bernard van der Vlies

I JOHANNES 3 Die kinders van God. 1KYK wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. 2Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit…
18 Jun 2AM 17 min

Sondagaand Erediens - Ds Johan Marais

ROMEINE 12 Toewyding aan God. Ootmoed en getrouheid in die gebruik van sy gawes. 1EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens. 2En word nie aan hierdie wêreld…
15 Jun 1PM 24 min

Sondagoggend Erediens - Ds Johan Marais

ROMEINE 8 Oorwinningslied: God vír ons — wie sal teen ons wees? 31WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? 32Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy…
15 Jun 3AM 23 min