Bibberweer duur nog so bietjie voort, brei uit na die Noorde toe

Loading player...
Die bibberweer is nog nie verby en duur voort vannag met die koue wat na die noordelike dele versprei. Die Namibiese weerdiens sê temperature kan in die Suide begin herstel maar, sal steeds uiters koud wees. Odillo Kgobetsi van die diens het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
9 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se myne-produksie 7,7% laer in April

Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie was in April op 'n jaargrondslag 7,7-persent laer. Die grootste daling van meer as 24-persent was in die platinum-groep metale, gevolg deur dalings in goud en steenkool-uitsette. Ystererts is die enigste belangrike mineraal wat groei getoon het, met 'n styging van 5,3-persent. Juan-Pierre Terblanche van Stats…
13 Jun 8AM 1 min

Bulle se Jake White besing Leinster voor VRK-eindstryd

Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Jake White, is vol lof vir Leinster voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd in Dublin. Hy sê die Ierse span is strate voor enige ander span. Nie een van die twee kon nog die kompetisie wen nie, en die Bulle is die derde keer in 'n…
13 Jun 8AM 1 min

Jeugraad-geaffilieerdes wil minister sien

Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in 'n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met 'n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is…
13 Jun 8AM 1 min

Nog 3 dwelmmuile op OR Tambo-lughawe aangekeer

Die polisie in Gauteng het die afgelope week drie verdagtes op die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek vir dwelmsmokkelary. 'n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê 'n Nigeriese burger is met sy aankoms uit São Paolo in Brasilië op pad na Nigerië in hegtenis geneem. Sy sê hulle het ook 'n…
13 Jun 8AM 1 min

SA se vrouemoordsyfers is onder hoogste ter wêreld

Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het kommer uitgespreek oor die toename in vrouemoord. Chikunga het verwys na 'n 2022-opname oor geslagsgeweld, en sê meer as 7,3-miljoen vroue is fisiek mishandel en byna 2,1-miljoen is seksueel aangerand. Die land se vrouemoordgevalle bly onder die…
13 Jun 6AM 1 min