LA-polisiehoof sê oor betogings, National Guard

Loading player...
Die ontplooiing van die National Guard deur president Donald Trump, sonder dat Kalifornië se regering daarvoor gevra het, bly in die nuus. Die goewerneur Gavin Newsom maak kapsie daarteen en sê dit hits geweld aan. Los Angeles loop sedert Vrydag deur onder betogings, wat gewelddadig geraak het, teen immigrasie-klopjagte. Die stad se polisiehoof Jim McDonnell, sê dit is nie duidelik of die ontplooiing die betogings meer gewelddadig gemaak het of nie.
9 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KAS bied belangrike gesprek aan vandag

Die Konrad-Adenauer-Stiftung bied vandag 'n belangrike openbare bespreking aan oor digitale hulpmiddels burgerlike opvoeding, toegang tot geregtigheid en menseregte in Namibië kan verbeter. Vooraanstaande regsgeleerde dr. John Nakuta sal praat oor die rol van KI en digitalisering in die bevordering van burgerlike onderwys en menseregte, terwyl ombud Basilius Dyakugha ook…
10 Jun 4AM 1 min

Swaar sneeu in Oos-Kaap

Die Oos-Kaapse Vervoerdepartement sê die N2-hoofweg tussen KwaBhaca en Kokstad is die jongste toevoeging tot verskeie paaie wat met 'n dik sneeukombers bedek is. Die snelweg kan binnekort vir verkeer gesluit word as toestande nie verbeter nie. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, sê swaar sneeuval kom steeds op die…
10 Jun 4AM 1 min

Staat moet skoonmaak, hoogste standaarde handhaaf

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het ‘n institusionele skoonmaakveldtog van stapel gestuur. Dit volg op ‘n kabinetsopdrag dat alle regeringskantore, ministeries en agentskappe die hoogste standaarde vir higiëne moet handhaaf. Gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao sê dit is die verantwoordelikheid van alle personeel om persele skoon te hou en…
10 Jun 3AM 1 min

Steenhuisen moet Trump-belofte oor plaasmoorde nakom

AfriForum vra die minister van Landbou, John Steenhuisen, om sy belofte aan die Amerikaanse president, Donald Trump, na te kom om voorkeur te gee aan die voorkoming van plaasaanvalle. Die burgerregtegroep sê Steenhuisen se opmerkings aan Trump, wat plaasaanvalle en veediefstal tot voorkeur-misdade verklaar, moet deur dringende optrede opgevolg word…
10 Jun 3AM 1 min

Seun, 12, ry seun, 14, dood

'n Twaalf-jarige seun wat van strafbare manslag aangekla word nadat hy in Brakpan, Gauteng bo-oor 'n 14-jarige seun gery het sal op 28 Augustus weer in die hof verskyn. Hy het in die landdroshof in Brakpan verskyn en die Hof sal nou besluit of hy strafregtelik verantwoordelik gehou kan word…
10 Jun 2AM 1 min