Oshikoto se landelike water word onderbreek

Loading player...
NamWater het 'n beplande sluiting van watervoorsiening in dele van die Oshikoto-streek vanaf middernag vannag tot middernag môre. Lot Ndamanomhata, NamWater se segsman sê die sluiting sal alle verspreidingspyplyne wat vanaf die Onembenge tweede toring in die Oshikoto-streek voorsien word, raak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
9 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mthatha-dam nie oorsaak van vloede

Die Departement van Water en Sanitasie het bewerings op sosiale media ontken dat oop sluise by die Mthatha-dam die onlangse oorstromings veroorsaak het. Die hoof van die Spesialis-eenheid vir Damveiligheid, Wally Ramokopa, het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon dat die dam nie sulke sluise het nie. Ramokopa sê…
15 Jun 4AM 1 min

Proteas het SA trots gemaak, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se krieketspan gelukgewens met die oorwinning van die IKR Wêreldtoetskampioenskap teen Australië gister op Lords in Londen. Die Proteas het op die vierde dag met vyf paaltjies gewen. Die bydraes van kaptein Temba Bavuma en kolwer Aiden Markram het die knoop deurgehaak. Hulle het onderskeidelik…
15 Jun 3AM 1 min

Honderdduisende betoog teen Trump

President Donald Trump se langverwagte militêre parade is Saterdag in die strate van die middestad van Washington gehou. Dit was ook Trump se 79ste verjaardag. Die viering van die Amerikaanse leër se 250ste herdenking is egter gekenmerk deur 'n dag van geweld en onenigheid. In die ure voor die parade…
15 Jun 2AM 1 min

Rugby: Welwitschias klop Uganda net-net

Namibië se Welwitschias het Saterdag ‘n naelskraapse oorwinning teen Uganda op Naartjiepark op Walvisbaai behaal. Die eindtelling in dié vriendskaplike wedstryd was 22-19. Die wedstryd was deel van Namibië se voorbereiding vir die Afrika-nasiebeker en die Rugbywêreldbeker. Jacques Burger, die rugbydirekteur van die Namibiese Rugby-unie, het ná afloop van die…
15 Jun 1AM 1 min

SA gesondheidsgeriewe onder druk ná vloede

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê omgewingsgesondheidsinspekteurs sal waterdraende- en wintersiektes in die vloedgeteisterde Mthatha ondersoek. Motsoaledi waarsku die streek se reeds verswakte gesondheidsfasiliteite, insluitend lykshuise, verkeer onder druk na die ramp. Hy het die belangrikheid van lykskouings en behoorlike voorbereiding van liggame vir bedroefde families beklemtoon, en bygevoeg…
15 Jun 12AM 1 min