
Aktiviste stil oor transgender-moordsaak, 'moeg baklei'
Loading player...
Die moordsaak van die transgender Christoff “Sexy Chamy” Fredericks is in die Katutura-landdroshof tot 20 Junie uitgestel vir pleitverrigtinge. Die 30-jarige Fredericks se liggam is in Mei verlede jaar met 32 steekwonde en met privaatdele verwyder gevind in Otjomuise se 7de Laan. Aktiviste was aanvanklik aktief in die veroordeling van die moord, maar het stil geword. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die sosiale aktivis Ethne Mudge.