Ramaphosa sê G7 was betekenisvol

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die G7-beraad in Kanada was betekenisvol, veral vir Suid-Afrika wat president van die G20 is. Onder Suid-Afrika se G20-presidentskap is pogings aangewend om die G7 se doelwitte en agenda in ooreenstemming met dié van die G20 te kry. Ramaphosa sê hulle soek groter samewerking in areas soos belegging, internasionale misdaad, klimaatsverandering en billike oordrag, asook inklusiewe wêreldwye groei en ontwikkeling:
18 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bande met Ramaphosa toenemend belangrik, sê NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Vrydagaand na Namibië teruggekeer ná ‘n hoflikheidsbesoek aan haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa in Pretoria. Nandi-Ndaitwah het reeds soortgelyke besoeke aan ander buurlande gebring sedert sy as staatshoof ingehuldig is. Kort ná haar aankoms in Windhoek het sy die belangrikheid van goeie betrekkinge met Suid-Afrika beklemtoon.
21 Jun 2AM 1 min

Ramaphosa: SA, Namibië deel dieselfde visie

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Namibië deel 'n gemeenskaplike visie oor kwessies rondom die politieke en ekonomiese integrasie van die Afrika-vasteland. Ramaphosa het die Namibiese president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n hoflikheidsbesoek by sy ampswoning in Pretoria, Mahlamba Ndlopfu, ontvang. Hy sê beide lande streef na Afrika se hernuwing, suidelike…
21 Jun 2AM 1 min

Rugby: Welwitschias pak Pumas vandag in Windhoek

Die Welwitschias kom vanmiddag teen Suid-Afrika se Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion te staan. Die Pumas is 'n gedugte span en die manne sal moet uithaal en wys. Die wedstryd skop om drie-uur af. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jacques Burger, die nuwe Welwitschias afrigter, direkteur van die…
21 Jun 12AM 1 min

Copps 94.1: Besige Vrydagaand in Windhoek

Die Copps 94.1-span het ‘n bedrywige Vrydagaand in die hoofstad agter die rug met voorvalle wat gewissel het van ‘n asma-aanval in ‘n mobiele polisiestasie tot ‘n motorongeluk. Francois Lottering was soos altyd op sy Copps 94.1-pos en doen verslag:
20 Jun 11PM 1 min