
PDM soek antwoorde in NV oor gratis studies
Loading player...
Die Nasionale Vergadering het sy werksaamhede vandag hervat, en die kwessie van gratis hoër-onderwys het ter sprake gekom. Die PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Ttjeundo het vrae gerig aan onderwysminister Sanet Steenkamp, na sy gesê het dit sal gekoppel word aan die behoeftes van sleutel-ekonomiese sektore. Die minister se antwoorde is geskeduleer vir die 19de Junie, as daarby uitgekom sal word.